Rugby
Rugby is een van Hoërskool Garsfontein se fokuspunte.

Om te verseker dat elke leerder sy volle potensiaal bereik, is daar ook 'n gevestigde rugbyakademie by die skool.

By die rugbyakademie word daar nie net op prestasie in span verband gefokus nie, maar ook op die ontwikkeling van die individu.

Die kostes beloop R 180.00 per speler per maand. Die Akademie-program sal deur die jaar gevolg word tot einde November. Skoolvakansies word ook ingesluit indien daar genoeg belangstelling is. Een-tot-een afrigtingsessies is R 150.00 per speler per uur.

ALLE BETALINGS IS AAN DIE EINDE VAN DIE MAAND BETAALBAAR

Algemeen:

  • Spelers moet ten alle tye in rugbydrag geklee wees.

  • Spelers moet ten minste 15 minute voor die sessie begin aanmeld.

  • Spelers moet die program deeglik volg en volle samewerking gee.

  • Dissipline en volharding is hoë prioriteit.




No posts.
No posts.